Revue Fondsinsameling 2024

Dames oggend met Boer Soek n Vrou Aanbieder Marcel Hopkins
Jy word hartlik uitgenooi om jou vriendinne, jou ma, jou dogter en jou ouma te bring om die bekende, Boer Soek ‘n Vrou aanbieder, Marciel Hopkins se damesoggend by te woon. Sy deel haar reis na self-liefde en liggaamsaanvaarding, asook praktiese wenke om vroue/dogters se selfbeeld ‘n hulpstoot te gee. Hierdie geleentheid vind plaas in Huis Maré se eetsaal en is ‘n fondsinsameling vir die revue.
Wat jy kan verwag by hierdie byeenkoms:

Revue Alumni Collage
Belê in die voortbestaan van die revue en in dit wat die revue vir jou as ouer en as revue-lid beteken het. Koop ‘n foto om deel te wees van die collage vir 2024, teen slegs R1 000.00.
Die voltooide collage gaan permanent op ‘n muur vasgesit word waar dit prominent gesien kan word.
Hoe moet jou foto lyk?
2023 Willem Botha Fondsinsameling
Met 2023 se Fiësta in gedagte, het ons besluit om hande bymekaar te sit en ‘n wonderlike geleentheid raakgesien om iets te bied vir die gemeenskap en dan ook terug te ploeg in ons revuelede se sakke.
Hoërskool Nelspruit se skoolsaal was op Woensdag, 24 Mei 2023 stampvol met dames van die Laeveld. Daar het 300 dames die Willem Botha grimeringmeesterklas bygewoon.
Die vroue het aan Willem se lippe gehang toe hy vertel het hoe Willem Botha Beauty tot stand gekom het en soveel meer toe hy me. Chené Basson begin grimeer het en sommer baie tegnieke en wenke met die gehoor gedeel het.
Hierdie ongelooflike funksie het nie net die doel bereik waarvoor ons gehoop het nie, maar ook weer ‘n geleentheid geskep waar dames bymekaar kon kom en lekker kuier.
Wat ‘n voorreg om vir elke revuedanser om en by 30% af te kon gee op hulle klererekening van 2023. Dit was ‘n groot plesier om so funksie te organiseer en met die sukses wat ons behaal het wil ons graag elke jaar iets aanbied vir die gemeenskap, met die idee om dit vir ons revuelede meer bekostigbaar te maak om deel te neem aan ‘n merkwaardige produksie.
NHS bedank graag elke borg wat betrokke was by hierdie funksie, die gasvrouens wat omgesien het na hul tafels, Willem en sy span en elke dame wat hierdie meesterklas bygewoon het.