Word ‘n Borg
Saam kan ons verwagtings oorskry en ‘n onvergeetlike ervaring skep.

Saam kan ons ‘n revue skep wat ‘n blywende uitwerking het!
Elke sent tel in vandag se tyd… Daarom maak ons seker dat jou bydrae ‘n direkte ondersteuning bied aan areas soos musiekproduksie en kostuumontwerp, verhoog en beligting, asook die professionele span se verblyf. Meer belangrik, jou borgskap kan ‘n droom laat realiseer. Sommige leerders sukkel om die gemiddelde klererekening van R3,750.00 te dek. Jy kan daardie las verlig en ‘n verskil maak.
Ons hoop jy oorweeg om ‘n borg te wees en ‘n positiewe impak op ons gemeenskap te maak.
Finansiële Borgpakkette
Elke pakket is doelgerig ontwerp om maksimum blootstelling te verseker, terwyl ons ons wederkerige verbintenis handhaaf om kuns en kultuur te bevorder en te koester. Of jy die eksklusiewe Hoofborg-pakket, die Platinum-borgskapspakket of selfs ‘n Video Voorreg-pakket kies, elke keuse bied ‘n unieke geleentheid om jou merk, produk of dienste onder die kollig te plaas.
HoofBorg
R120 000 +
Platinum
R50 000 +
Diamant
R25 000 +
Goud
R15 000 +
Silwer
R7 500 +
Brons
R2 500 +
Video Voorreg
R2 500 per liedjie
Nie-Finansiële Borgpakkette
Nie-finansiële borge is ‘n kritieke komponent van ons Hoërskool Nelspruit revue deur ondersteuning te bied wat van kardinale belang is vir die sukses van die produksie. Dit sluit in dienste soos verblyf vir ons span, voedselverskaffing vir die Gala-aand, produksie-dekor, en bystaan van behoeftige leerders met klere-rekeninge.
Verblyf
Daar is 5 weke gedurende die verloop van Hoërskool Nelspruit se revue tydperk waar ons choreograwe, regisseur en mede-regisseur verblyf benodig. Enige gastehuis wat bereid is om vir Hoërskool Nelspruit afslag te bied tydens hierdie verblyf tydperk sal opreg waardeer word.
Voordele:
Gala-Aand Voedsel Verskaffing
Die Gala-aand kaartjie sluit iets te ete en te drinke in die vierkant in.
Enige maatskappy wat belangstel om vir die aand ons gaste te kom bedien met smaaklike kos en drank sal toegang hê tot die vierkant van die skool vanaf die oggend om op te stel en te versier met die maatskappy se bemarking. Kos en drank word slegs voor die tyd bedien, iets soet saam met water en koeldrank kan tydens pouse bedien word.
Voordele:
Dekor
Enige produk wat benodig word om die verhoog mee te bou sowel as dekor of rekwisiete wat benodig word tydens die produksie kan gratis aan die revue van Hoërskool Nelspruit voorsien word met die volgende.
Voordele:
Borg n Danser
Elke jaar is daar ‘n revue-lid of twee wat finansieel nie hulle eie klererekening kan vereffen nie. Enige persoon is welkom om ‘n behoeftige revue-lid te borg. Die kostes beloop ongeveer R3,750.00.
Will julle ons help om ons jaarlikse revue rekordbrekend te maak?
Deur ‘n borg te wees, word julle deel van die span wat wonderlike stories tot lewe bring. Julle sal ook deel wees van ons opwindende bekendstellings. Dit gaan nie bloot oor geld nie, dit gaan oor die ontwikkeling van potensiaal, uitleef van talente en die impak op ons jeug se toekoms.